Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Dié sopkombuis maak reuseverskil in gemeenskap

Gerty Engelbrecht van Redelinghuys en haar span vrywilligers gee twee keer per week vir tussen 150 en 300 mense ’n bord kos.

Volgens Ray van Rooy, burgemeester van Bergrivier-munisipaliteit (BM), het “Tannie Gerty ’n diensbare en vrygewige hart” en het sy al voor Covid-19 en die nasionale inperking gereeld vir behoeftige mense in haar gemeenskap kos gemaak.

“Sy het dit nie so gereeld gedoen soos wat sy wou nie aangesien sy en die ander vroue maar gewoonlik vir die kos uit hul eie sakke betaal het,” vertel Van Rooy.

Teen einde Maart het baie mense in Gerty se gemeenskap hul werk of inkomste verloor weens die ekonomiese terugslag wat deur die afsonderingstyd veroorsaak is.

Van Rooy het Gerty genader en aangebied dat BM vir al die bestanddele en vir elektrisiteit sal betaal sodat sy en haar spannetjie twee keer per week die groot nood in die honger gemeenskap kan verlig.

Hoewel Gerty se sopkombuis nog nie amptelik geregistreer is nie, is dit die enigste sopkombuis in die dorp. Gemeet aan die goeie opkoms van inwoners wat sedert die begin van die inperking op Dinsdae en Donderdae vir hul brijani, spaghetti of sop by die sopkombuis opdaag, is daar gewis ’n groot behoefte aan ’n permanente instelling soos Gerty s’n.

“Ons is in die proses om tannie Gerty met die registrasieproses te help. As sy geregistreer is, kan sy aansoek doen om finansiering vir voorraad en dinge soos gasstofies en gasbottels. Sy het net middelslagpotte en daarom kyk ons ook daarna om vir haar groot potte te kry sodat sy vir meer mense op ’n slag kan kos maak,” verduidelik Van Rooy.

In die somer sal die sopkombuis weg van warm kos beweeg en eerder fokus op toebroodjies en koeldrank.

Van Rooy het ook van die geleentheid gebruik gemaak om die buurtwag te bedank vir die kospakkies wat hulle oor die afgelope drie maande aan die Redelinghuys-huishoudings geskenk het wat weens die Covid-19-pandemie baie swaarkry.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.