Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Diewe breek weer by Diazville Primêr in

Die personeel van Diazville Primêr moes vandeesweek die soveelste keer glasstukke van tafels afvee en rondgestrooide papiere optel voordat die skooldag kon begin.

Die laerskool in Diazville, Saldanha, loop deesdae gereeld onder inbrake deur.

Inbrake is een van die grootste probleme vir die plaaslike polisie.

’n Venster in die skool se administratiewe blok is gebreek en rakke, kaste en lessenaars is oopgeruk en omgekrap.

Twee rekenaars is onder meer gesteel. Die skool meen die toerusting is nie die ergste nie, wat veral frustrerend is, is dat dié twee rekenaars kosbare inligting van al die leerders bevat.

Volgens AO Yolanda Kotze, woordvoerder van die Saldanha-polisie, word ’n toename in inbrake in die hele Saldanha-gebied ondervind.

Die polisie vra inwoners om saam te werk om misdaad te bekamp deur verdagtes te identifiseer en die polisie met enige inligting te kontak.

Rekenaars en klanktoerusting ter waarde van R30 000 is in een van die inbrake in September 2016 gesteel. Dit was egter net een inbraak.

Die volgende jaar het die leerders ’n plakkaatbetoging in die skool gehou.

Volgens Abram Boltney, die adjunkhoof, breek kwaaddoeners deesdae amper maandeliks by die skool in.

Boltney sê die ergste van die situasie is die gebrek aan verantwoordelikheid wat die gemeenskap neem.

Talle van die verdagtes wat van die skoolinbrake verdink word, is oudleerders.

Deel van die probleem is dat die skool nie nauurse sekerheid het nie. Volgens die skool moet hul self betaal vir sekerheidswagte wat finansieel nie moontlik is nie.

Die skoolbestuur vra dat die gemeenskap, veral diegene wat naby die skool woon, enige verdagtes wat binne die skoolterrein opgemerk word, by die Saldanha-polisie aangee.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.