Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Dis weer snoektyd!

Alhoewel hy nog nie geil loop nie, is hier al wel snoek vir dié wat Paasnaweek ’n ietsie op die kole wil gooi.

Maar jy gaan betaal.

Die pryse by St. Helenabaai-hawe wissel op die oomblik tussen R80 en R150, en dit lyk nie of die pryse voor Paasnaweek vreeslik gaan daal nie.

Volgens Joos Engelbrecht, ’n visserman van St. Helenabaai, is dit omdat daar nog nie “fireworks” is nie.

“Die vis loop nog nie geil nie, maar jy kry darem manne wat al redelik uithaal.”

Terwyl party bote Maandag met 400 snoeke ingekom het, het ander slegs 50 of 60 ingebring.

“Die vis is op die oomblik baie onvoorspelbaar,” het Gerber Basson, eienaar van Nossab Visserye, aan Weslander gesê.

Basson is dit ook eens dat die pryse nie spotgoedkoop teen die naweek sal raak nie, maar verwag dat dit darem effens teen Saterdag of Sondag kan sak.

“Ons eintlike maande vir snoekvang is Mei, Junie en Julie, maar met die laaste paar jaar se wisselvalligheid moet mens maar koop as jy kans kry, verduidelik Basson.”

Op die oomblik loop die snoek nog slegs by St. Helenabaai.

Verlede jaar het die snoek nooit werklik geil geloop nie, maar in 2015 kon ’n snoek vir so min as R38 by St. Helenabaai-hawe opgeraap word.

Indien jy op soek is na ’n snoek om die naweek te braai, verkoop vissers graag hul vangste by die ingang van Langebaan, of oorkant OK Minimark in Vredenburg.

Snoek sal ook by St. Helenabaai-hawe te koop wees.

Die eerste bote oor die naweek kan al teen 12:00 inkom, maar die afgelope paar dae word die meeste snoek eers ná die middag gevang.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.