Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Doepies Laaiplek trek die grote uit

Ná weke se soeke na die Weskus se vis-en-tjips-koning is Doepies Laaiplek hierdie week aangewys as die Weslander-vis-en-tjips-wenner.

Die Rustique Metal Art Furniture Designs-wisseltrofee is nou weer terug in Velddrif.

Lesers kon vanjaar ook die eerste keer vir hul gunsteling stem. Die eetplek met die meeste stemme het ’n geskenkbewys van R2 000 van Sea Harvest gewen en Excelsior, in Vredenburg se hoofstraat, het met dié louere weggestap.

Dit is die vierde keer dat dié kompetisie aangebied word en volgens Chantell Cornelissen, die kompetisiekoördineerder, gaan dit elke jaar van krag tot krag.

“Elke jaar skryf meer eetplekke in en ons is reeds besig om te beplan om volgende jaar se kompetisie die grootste nog te maak,” sê Cornelissen.

Vanjaar se beoordelaars was Weslander se uitgewer, Aletta Ellis, en ons redakteur, Joline van der Merwe. “Ons kyk hoe die vis en tjips voorgesit word, varsheid, smaak en waarde vir geld,” verduidelik Ellis.

Sy sê voorts al vier finaliste – Doepies, Oppikaai in St. Helenabaai, Excelsior en verlede jaar se wenner, Charlie’s in Saldanha – se kos was van uitstaande gehalte.

Volgens die beoordelaars is dit Doepies se “gesonder” vis-en-tjips-gereg wat hom laat uitstaan het. “Die vis was nie olierig nie, die tuisgemaakte, handgesnyde aartappelskyfies was kraakvars en die tartaarsous het nie ’n klassieke mayonnaise as basis gehad nie,” verduidelik Van der Merwe. Sy het Sea Harvest vir die R2 000-geskenkbewys bedank en gesê sy hoop Sea Harvest sal aanstaande jaar weer by die kompetisie betrokke wees.

“Dit is belangrik dat eetplekke hul vis uit volhoubare bronne kry en vennootskappe met maatskappye soos Sea Harvest bevorder dié doel.”

Die beoordelaars is dit eens – vis en tjips by enigeen van dié finaliste is die moeite werd!

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.