Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
‘Dra masker, was hande en bly weg van mense’

Vervolg van bl.1

Koronavirus geen grap – enigeen kan dit kry

Cindy Manuel, van Vredenburg, sê sy wou nie hê mense moet van haar skinder nie en het op haar sosiale media verklaar sy het positief getoets vir die koronavirus.

Sy meen daar is steeds te veel mense wat dink Covid-19 is nie ’n werklikheid nie. “Ek, my man en my ouers is almal positief getoets. Dit is hel om met die virus in jou liggaam te lewe. Dit begin by ’n eenvoudige kop- en lyfseer en dan raak dit al hoe erger,” vertel Manuel.

Net soos Elias sê Manuel sy het nie geweet of sy die volgende oggend sou sien wanneer sy saans gaan slaap het nie.

Manuel sê haar siektetoestand was net vererger deur die angs wat sy oor haar vier maande oue dogter gehad het. Sy was bekommerd dat sy haar sou aansteek.

“My baba was dae lank sonder haar ma en my hart wou breek.

“Ek het gewonder hoeveel dae nog voor ek my liefielyfie kan vashou sodat sy weet alles gaan weer oukeiwees?”

Sedert haar afsondering het Manuel goed herstel en kon sy vandeesweek terug werk toe keer. Sy meen die stigma van die koronavirus is soortgelyk van dié van tuberkulose, wat sy ’n paar jaar gelede gehad het. “Mense laat jou onmenslik voel oor iets waarvoor jy glad nie gevra het nie,” meen sy.

Intussen kon sy egter weer haar dogtertjie vashou en meen daar moet openlik oor Covid-19 gepraat word. Vier uit ses gesinslede kry virus

’n Gesin van Diazville in Saldanha is verlig nadat almal ook nou op die herstelpad is.

’n Gesinslid wat met Weslander gepraat het op voorwaarde van anonimiteit, vertel haar gewrigte en bors was seer en sy het drie dae lank hoofpyn ervaar, wat ongewoon was.

Ná ’n besoek aan die dokter is sy aangeraai dat sy en haar gesin vir Covid-19 getoets moet word nadat hulle in aanraking was met ’n familievriend wat positief getoets is.

Dié vriend was voor die besoek by sy dokter wat hom glo vertel het hy het ’n verkoue.

Sy vertel omtrent ’n week ná die besoek het vier uit die gesin van ses simptome begin ervaar.

“Omtrent almal van ons het verskil­lende simptome gehad. Almal se lyf was seer, maar my skoondogter se neus was toe en my seun was so kort van asem, hy kon skaars ’n paar tree loop.”

Die dokter het Panado voorgeskryf en die gesin het in selfafsondering gegaan. Die leser vertel haar 37-jarige seun het geen simptome gehad nie en ook negatief getoets vir die virus en het by familielede gaan woon tydens dié tydperk, ’n sesjarige kleinkind het saam met haar ouers en grootouers in die huis gebly, maar het glad nie siek geword nie.

Die vrou noem hulle het elke dag vitamienaanvullings gedrink asook water met knoffel, suurlemoen en ’n Disprin.

Sy moedig Weskussers aan om hul maskers te dra, hande te was en om huise te ontsmet. “En bly asseblief weg van ander mense!”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.