Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Drie verskyn in hof ná moord

Die drie beskuldigdes in die Berodine Boyce-moordsaak het Vrydag 7 Februarie vlugtig in die hooggeregshof in Kaapstad verskyn.

Die drie is Sheldon Christians (19), Elroy Galant (23) en Duran Snyders (30).

Volgens kapt. Tania Helfrich, ’n plaaslike polisiewoordvoerder, hou die drie beskuldigdes vol hulle is onskuldig.

Helfrich sê die drie mans sal môre (Vrydag 14 Februarie 2020) weer in die hooggeregshof verskyn.

Thyrone Williams, gemeenskapsleier van Laingville, waar die misdaad gepleeg is, het Dinsdag aan Weslander gesê hulle verneem die klagstaat sal Vrydag in die hof gefinaliseer word.

Berodine Boyce, ’n voormalige leerder aan Hoërskool Louwville, was maar 16 jaar oud toe sy op 6 Julie 2018 vermis geraak het.

Haar naakte lyk is op 12 Julie in ’n vlak graf naby die Laingville-sportterrein ontdek.

Volgens Helfrich was daar destyds gerugte dat Duran Snyders sy neef, die 38-jarige Danville Don, met betrekking tot Snyders se beweerde betrokkenheid by Boyce se dood vermoor het.

“Daardie bewerings kan egter steeds nie bevestig word nie,” het Helfrich gesê.

“Daar kan wel net bespiegel word dat die twee in ’n hewige rusie betrokke was, maar daar is geen direkte verbinding met die wrede moord op Boyce nie.”

Snyders is wel op 29 Januarie skuldig bevind aan die moord op Don en hy is tot 22 jaar gevangenisstraf gevonnis.

Sers. Ernie Strauss, die ondersoekbeampte in die moordsaak, het die staatsaanklaer, Karen Stander, vir haar insette bedank.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.