Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Duiwe help Outismemaand vier

Outismemaand is Donderdag (22 April) by Karitas Skool in Louwville met duiwe en ’n feestelike koek gevier.

Outismemaand word jaarliks in April gevier om meer bewusmaking oor dié ontwikkelingstoestand te skep. Karitas is een van die enigste plaaslike gespesialiseerde sentrums wat leerders met outisme huisves.

Volgens die onderwysers wat deel van die skool se outisme-span is, is elkeen van hul leerders talentvol en spesiaal, hoewel hulle nie dalk volgens hoofstroom-merkers ontwikkel nie.

“Ons het besluit om meer bewusmaking te skep sodat ’n groter deel van die publiek meer inligting oor outisme en wat dit alles behels kan kry,” verduidelik Nadia Hibbert.

Outisme is ’n neuro-biologiese ontwikkelingsversteuring wat meestal deur beperkte sosiale interaksie, sensoriese uitdagings, kommunikasie-uitdagings en herhalende en stereotiepe gedrag gekenmerk word. Dit kan beteken leerders op die Outismespektrumversteurings (OSV) is sensitief vir teksture van alles – van hul klere tot hul kos. Herhalende gedrag is ook algemeen. Leerders kan gereeld frases en woorde herhaal wat hulle op televisie gehoor het.

Hierdie uitdagings maak dit dus moeiliker vir outistiese leerders om in hoofstroomskole in te skakel. “Een leerder met OSV verg die ondersteuning, beplanning en onderrig wat ses hoofstroomleerders vereis. Geen twee OSV-leerders is dieselfde nie en vir elke leerder moet wyse van kommunikasie aangebring word om die leerder te ondersteun, verstaanbaar en meer onafhanklik te maak van ander mense te maak.”

Daar is egter nie veel gespesialiseerde skole vir plaaslike outistiese leerders nie. Karitas het vier spesiale klasse en in Malmesbury is daar drie, verduidelik Hibbert.

Karitas het dus besluit om ’n geldinsameling vir die volgende jaar van nou tot volgende jaar April te hou. Benewens die geld wat die skool insamel, is die hoofdoel om die breër gemeenskap oor OSV in te lig.

’n Legkaart is nou buite die ingang van die klasse vir outistiese leerders geverf. Elke stuk kan deur ’n maatskappy, individue of organisasie geborg word. “Namate die legkaartstukke verkoop word, verf ons dit toe. Die betrokke ondernemings kan self besluit hoeveel die legkaartstuk vir hulle werd is,” verduidelik Hibbert.

Die geld wat só ingesamel word, sal gebruik word om apparaat vir die leerders aan te skaf en die speelterrein op te knap om motoriese stimuli te bevorder asook om ’n arbeidsterapie-ruimte te ontwikkel.

“Ons wil ook graag National Office bedank vir die borg van die Outismedag se koek en versiering.

“Ons wil ook ’n baie spesiale dankie sê aan Signage Vredenburg wat die drukwerk op die onderwysers, assistente en leerders se hempies geborg het,” sê Hibbert.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.