Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Dwarskersbos-lyk identifiseer

Die polisie het bevestig dat die lyk van ’n vrou wat verlede Dinsdag naby Dwarskersbos uitgespoel het, inderdaad dié van Joneve Nocosliolovas (Basson) van Velddrif is.

Volgens ’n plaaslike polisiewoord­voerder, kapt. Tania Helfrich, het Joneve (34) Donderdag 22 Augustus vermis geraak. Haar lyk is vyf dae later op 29 Augustus, ná ’n soektog, in die vlakwater tussen Dwarskersbos en die Rocherpan-natuurreservaat deur polisiebeamptes gevind.

Volgens die polisie het beeldmateriaal van ’n kringtelevisiekamerastelsel getoon dat Joneve in ’n Laaiplek-winkel op die dag van haar verdwyning was. Sy het dieselfde klere in die winkel aangehad as toe haar lyk dae later ontdek is.

Volgens Helfrich het die nadoodse ondersoek misdaad uitgeskakel. Die presiese omstandighede rakende haar dood is onbekend. Joneve was die assistentbestuurder by Charlie’s Brewhouse, ’n gewilde restaurant in Port Owen, Velddrif.

Op Vrydag 30 Augustus het Charlie’s Brewhouse die nuus van Joneve se dood op Facebook bekend gemaak en gesê die “span gaan haar geweldig mis”.

“Sy het soveel lig na die mense om haar se lewe gebring.”

Talle hartseer en geskokte kliënte van die restaurant het op die nuus gereageer deur hul innige medelye met haar vriende, familie en kollegas op sosiale media uit te spreek. Sy is deur talle kliënte beskryf as ’n vriendelike en professionele individu wat altyd bereid was om te help.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.