Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Een dood, talle in botsings beseer

Reddingswerkers het die afgelope week bontgestaan weens verskeie botsings wat op paaie in Vredenburg en Saldanha gebeur het.

Beserings van die slagoffers wat by die verskillende voorvalle betrokke was, wissel van gering na ernstig.

Een slagoffer is dood.

Volgens die Globalforce-noodreddingsdiens het ’n motorbestuurder Woensdag 30 September in die vroeë oggendure in Saldanha gesterf nadat hy beheer verloor en die voertuig in Saldanhaweg omgeval het. Die bestuurder is op die toneel dood verklaar.

Donderdag 1 Oktober was drie voertuie in ’n botsing in Saldanhaweg naby Weskus Mall betrokke. Vier mense is per ambulans met beserings na die hospitaal geneem.

’n Voertuig het Sondag 4 Oktober die pad by die R45 Hopefield-kruising op die R27 (Weskuspad) verlaat en op sy dak beland. Twee mense is vir beserings behandel.

’n Voertuig het Maandagaand teen ’n muur in Saldanha gebots. Die bestuurder is beseer.

Globalforce bedank alle ander nooddienste wat ook by die onderskeie voorvalle betrokke was – in besonder die Weskus Metro-nooddiens.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.