Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Eerste leenplek vir speelgoed geopen

Die hoekie van Noordhoek se FDSA-sentrum is nou ’n kleurvolle, prettige biblioteek vol speelgoed vir die buurt se kleingoed.

Danksy Early Years Services van Athlone het die plaaslike kinders toegang tot opvoedkundige speelgoed.

“Ouers en opvoeders van vroeëkindontwikkelingsentrums kan nou speelgoed uitleen. Kinders kan die biblioteek besoek en hul vaardighede ontwikkel deur te speel,” verduidelik Francis Carelse van Early Years Services, ’n organisasie sonder winsbejag wat op kinderontwikkeling fokus.

’n Besoek aan dié biblioteek is pasella. Die biblioteek het tans nie ’n bibliotekaris nie, maar die idee is om ’n jeugdige uit die gemeenskap te kry om dié pos te vul.

Volgens Matthew Sheldon, Bergrivier se munisipale woordvoerder, is die nuwe Noordhoek-speelgoedbiblioteek die eerste van vele wat kom.

“Die munisipaliteit het in vennootskap met Early Years Services getree om die speelgoed-biblioteek te stig. Noordhoek se biblioteek is die eerste van drie wat vir die munisipale gebied beplan word. Dié inisiatief is om te help met die ontwikkeling van jong kinders deur ’n geleentheid te bied om opvoedkundige speelgoed en kinderboeke te gebruik om hul leer te stimuleer,” verduidelik Sheldon.

Gaynore Simmery (33), ma van die agtjarige Jenevia, meen die nuwe biblioteek is ’n groot aanwins vir die gemeenskap. “Dit is goed dat die kinders betrek word. Kinders het van die speelgoed by die huis, maar hier is baie meer aktiwiteit om aan deel te neem. Kinders wie se ouers dit nie kan bekostig nie het ook nou toegang tot die speelgoed,” sê Simmery.

Sy sê met die skoolvakansie wat nou aangebreek het, is sy bly daar is iets om haar dogter se aandag van die televisie af weg te lei.

Die FDSA-sentrum, genoem na die stigterslede Flora, Dorothea, San­dra en Annie, hou die vakansie weer kinders besig. As deel van hul besoek het die munisipaliteit en Early Years Services kospakkies aan die kinders verskaf.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.