Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Eg Indiese ervaring wag in Langebaan

Kom en geniet eksotiese, warm Indiese kos aan die Weskus.

Moksh-restaurant, die outentieke Indiese restaurant in Laguna Mall, Langebaan, bied die beste Indiese kos in die streek.

Maar moenie vrees as jy ’n meer sensitiewe palet het nie – Moksh bedien al die disse met óf sonder skop.

Wanneer ’n mens by Moksh instap, begroet die geur van speserye jou en jou mond begin water vir een van die eksotiese kerriegeregte.

Die spyskaart is gelaai met disse vir elke kosliefhebber en bied alles van hoendergeregte en ’n vegetariese spyskaart tot seekosdisse.

Die restaurant behoort aan Sunil Krishnan, oorspronklik van Moembaai.

Hy is ook die eienaar van nege ander Moksh-takke.

Die eerste Moksh-restaurant het in September 2012 in Paarl geopen en is kort daarna gevolg deur ’n tak in Worcester. ’n Rits ander restaurante het gevolg en dié in Langebaan is intussen ook geopen.

“Moksh beteken ‘die hoogste vlak van bevrediging’, en dit is waarna ons streef.

“Ons wil hê klante moet ’n goeie ervaring hê en goeie gehalte kos teen ’n billike prys, wat met gehaltediens gelewer is, geniet,” sê Krishnan.

Indien jy ’n voorstel nodig het oor waar om met Moksh se wonderlike spyskaart te begin, kan jy nie verkeerd gaan met samoesas, masala-papad, groente-pikora of seekh-kebabs as voorgereg nie. Vir die hoofgereg het jy ’n keuse van gemengde groentekerrie, sampioene-mutter, hoender-tikka-masala, lam-kadai of garnaal-korma, om maar net ’n paar te noem.

As jy vir die hele boksemdais gaan, is die Masala Chai-nagereg gewis ’n treffer. Besoek www.mokshrestaurant.co.za of skakel 022 772 1270.

. Een gelukkige Weslander-leser staan die kans om ’n R200-geskenkbewys vir ’n ete by Moksh te wen. Stuur gerus jou naam en van met die woord “Moksh” na 33673 (SMS kos R1,50). Die kompetisie sluit Woensdag 14 April om middernag.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.