Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Familie van oorlede voetganger glo gevind

Nadat ’n polisieskets van ’n voetganger wat in 2019 naby Langebaan raakgery is en gesterf het verlede week in Weslander geplaas is, is die oorledene se familie moontlik opgespoor.

Meer as ’n jaar ná die vrou se dood het die polisie steeds nie geweet wie sy is en waar om haar familie in die hande te kry nie.

’n Vrou wat via die riemtelegram van die skets in die koerant gehoor het, het vandeesweek vir Weslander gekontak en gevra dat die skets na haar gestuur word, want sy glo dis haar niggie wat ná ’n stryery verlede jaar glo weer net “weggeloop het”.

Die oorlede vrou se ma wat die skets gesien het, is oortuig dis haar dogter wat weggeraak het.

Kapt. Christo de Wet, woordvoerder van Langebaan-polisie, het bevestig dat die genoemde familie met die polisie kontak gemaak het nadat hulle die skets gesien het.

“Dis waarskynlik sy, maar die vrou is reeds begrawe en ons moet nou bepaal hoe ons moet voortgaan met ’n amptelike identifikasieproses,” het De Wet oor die verloop van die uitkenningsprosedure verduidelik.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.