SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Nuus
Fienie ‘super trots’ op haar digbundel

Fienie Wuestenenk van Saldanha skryf reeds van jongs af gedigte en droom al lankal om haar eie digbundel saam te stel.

“Ek het in my matriekjaar ’n silwer diploma vir letterkunde ontvang en het toe reeds besluit dis iets wat ek wil doen. Dit het werklik baie jare geneem om tot by hierdie punt te kom,” vertel sy.

Voor haar man se dood in 2017 aan breinkanker het hy haar gevra of sy alleen sal regkom. “Ek het ja gesê, want ek het nie ’n keuse gehad nie en nie geweet wat dit sou behels nie. Hy het gesê ek moenie alleen deur die lewe gaan nie en dat ek Weskus toe moet trek – ons wou vroeër jare al eiendom aan die Weskus koop – en my droom gaan uitleef.”

Ná baie telefoonoproepe en nadat haar pad met talle mense met goue harte gekruis het, het sy 25 September 2018 in die Weskus beland met net ’n tas klere en ’n sak of twee.

“Dit was alles wonderwerke en meer en meer het gevolg, en toe kom die groot wonderwerk . . . my eerste boek het die lig in Julie vanjaar gesien.”

Fienie sê haar boek, My Eie Gedigte Boek, bevat iets vir elkeen – maak nie saak in watter seisoen van jou lewe jy is nie.

Die digbundel bevat Engelse gedigte, maar is meestal in Afrikaans geskryf.

Fienie sê sy is super trots op haar debuutboek, wat gedigte bevat wat hier in die Weskus, oor die Weskus met sy mooie natuurtonele wat nooit dieselfde is nie, geskryf is. Sy sê die gedigte is vir Weskusmense vir wie sy al so lief geraak het.

Die bundel bevat ook gedigte van vroeër jare, waaronder een wat sy reeds in 1968 geskryf het. “Baie gedigte het onderskrifte by om aan elke leser te sê waar my inspirasie vandaan gekom het.”

Een van Fienie se gedigte oor beurtkrag is vanjaar in Weslander geplaas, en sy sê sy is so dankbaar vir die reaksie wat dit uitgelok het. Dié gedig is ook in die boek vasgelê.

Fienie sê haar digbundel is ’n lekker leesboek, maar ook iets vir die koffietafel. . Kontak haar gerus op WhatsApp by 082 755 6422, of kontak De Novo Boeke in Langebaan by denovoboeke.co.za om ’n kopie te bestel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.