Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
‘Fietsbende’ hou jonges uit kwaad

Staan opsy, Boksombende – hier kom Brother Babsie se fietsbende!

“Sjoe, die dorp is vol fietse,” sê ’n entoesiastiese Hopefield-polisieman aan Weslander by navraag oor “Brother Babsie” en die fietse.

Hierdie Hopefield-inisiatief poog om kinders in die skoolvakansie met produktiwiteit en pret uit die kloue van misdaad te hou.

Die slim idee wat fietse, vaardighede en gesonde oefening vir die jonges insluit, is die geesteskind van Louie Cleophas, ook bekend as Brother Babsie, wat voltyds in die bediening by die Hope Farm-rehabilitasiesentrum is.

Cleophas se seun, Warren, het op sy beurt aan Weslander gesê: “Brother Babsie het ’n passie vir jongmense”. Omdat sy pa goed weet dat ledigheid die duiwel se oorkussing is, wil hy jongmense wys “dat dit nie nodig is om by misdaad en bende-aktiwiteite betrokke te raak nie”, sê Warren. Hy reken sy pa se “fietsbende” is eerder die soort bende waarby kinders betrokke kan raak.

Brother Babsie se “fietsbende” woerts-warts al die hele vakansie deur die dorp om takies te verrig en om rond te snuffel vir ou fietsrame, -wiele en -onderdele.

“My pa sê elke kind moet ’n fiets hê. En as die kind nie een het nie, bou hulle vir hom een. Elke kind kry ’n werkie en my pa leer hulle om fietse te bou, te restoureer en reg te maak.”

George April, stigter van die Cape Coast-jeugorganisasie in Hopefield, sê Cleophas se onbaatsugtige gebaar om die jeug se verveeldheid in die vakansie ’n kishou te slaan, is “lofwaardig”. “Meer mense moet sy voorbeeld volg om ons kinders te help,” reken April.

Kapt. Gotlieb Adams, bevelvoerder van die Hopefield-polisie, voel inisiatiewe soos dié van Cleophas sal op die lange duur gewis ’n positiewe impak op die dorp se misdaadsyfer hê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.