Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Fynbosskou lok weer duisende

Die Hopefield-fynbosskou het die naweek weer duisende mense na hierdie mooi Sandvelddorpie gelok.

Die skou is 29 jaar gelede deur Fiona Kotze en ander plaaslike fynbosliefhebbers begin.

Volgens Helena van der Westhuizen, die hooforganiseerder van die skou, het Kotze ’n paar jaar gelede as een van die organiseerders uitgetree, maar sy voel Kotze sal vir ewig onlosmaakbaar van die Fynbosskou wees en sy “verdien al die eer vir haar insig, kennis oor fynbos, asook vir haar harde werk by die skou oor die jare,” sê Van der Westhuizen.

Die saal by die dorp se sportterrein waarin die pragtige fynbosuitstallings jaarliks oor die skounaweek ten toon gestel word, is na Kotze vernoem.

Die skou gaan vandag steeds van krag tot krag en volgens Van der Westhuizen het heelwat meer besoekers as in 2017 die afgelope naweek deur die skouterrein se hekke gestap.

Sy sê hulle het nog nie die finale getalle nie, maar die komitee het na skatting geraam dat tussen 4500 en 5500 mense die skou vanjaar bygewoon het.

“Ons het ongelooflike terugvoering van besoekers ontvang. Ek kan met selfvertroue sê die skou was weer ’n reusesukses.”

Sy bedank al die vrywilligers wat agter die skerms skouer aan die wiel gesit het om van die skou ’n “onvergeetlike ervaring vir almal te maak. Ons kon dit regtig nie sonder julle doen nie.”

Die organiseerders het Dinsdagaand al die vrywilligers by die sportklub met ’n ete trakteer as ’n blykie van waardering.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.