Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Fynbosskou vier drie dekades

Die Hopefield-fynbosskou het die afgelope naweek (29 Augustus tot 1 September) sy 30ste bestaansjaar met ’n groot makietie gevier.

Duisende besoekers het op die dorp toegesak om die gewilde skou se stalletjies, kos, vermaak, landbou-uitstallings en biertent te kom geniet.

Maar die hoogtepunt, soos elke jaar, is natuurlik die besondere fynbosuitstallings in die Fiona Kotzé-saal wat ook op die skouterrein geleë is. Die saal is na die stigter van die fynbosskou, Fiona Kotzé, genoem, wat steeds in die omgewing woon.

Die skou is die eerste keer in 1989 gehou en was die eerste van sy soort.

Volgens die skou se hoof-organiseerder, Helena van der Westhuizen, het die reëlingskomitee omtrent rondgehardloop met voorbereidings en gedurende die skou het hulle toegesien dat alles seepglad verloop. “Baie dankie aan almal wat hul deel gedoen het. Die skou was ’n groot sukses,” het sy bygevoeg.

Hier is ’n paar foto-oomblikke van die skou:

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.