Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Galery hou unieke kompetisie

Blissfully Anna Gallery of Arts is ’n splinternuwe galery in Jacobs­baai wat 9 November amptelik sy deure vir die publiek gaan oopmaak.

Kunskompetisie:

Die jongklomp word genooi om hul unieke kunswerke in te skryf en kontantpryse te wen. Daar is vier ouderdomskategorieë: 4-6 jaar, 7-10 jaar, 11-13 jaar en 14-18 jaar.

Gebruik jou verbeelding, want die tema, grootte en medium is oop. Inskrywingsgeld beloop R50 en die sluitingsdatum is Woensdag 7 November.

Prysgeld vir elke kategorie is as volg: eerste plek wen R1 000, tweede plek R500 en derde plek R250. Die skool wat ’n wenner in elke kategorie oplewer, wen ook R1 000.

Die eersteplekwenner van elke kategorie se kunswerk sal vir 30 dae lank in die Blissfully Anna Gallery of Arts uitgestal word.

Hoe om in te skryf:

Knip die advertensie in Weslander uit, vul die besonderhede in en handig dit, tesame met jul kunswerk in by jul skoolkantoor of die galery self in Jacobsbaai.

Opening van kunsgalery:

Die Blissfully Anna Gallery of Arts word amptelik Vrydag 9 November om 18:30 geopen. Die galery is by die Jacobsbaai-stadsaal geleë. Werke deur ’n verskeidenheid kunstenaars wat gebruik maak van verskillende genres en mediums sal uitgestal word. Bel Anita by 083 273 2219 vir nog inligting.

Markdag:

Die Jacobsbaai-markdag vind Saterdag 10 November by die Kontrei KuierZ-stoep en parkeerplek plaas van 10:00 tot 17:00. ’n Springkasteel vir die kinders en lekker stalletjies wat verskillende ware verkoop, gaan beskikbaar wees.

Vir navrae bel Riekie Hugo by 079 428 9238.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.