Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Geleenthede by sessie bespreek

’n Nuwe jaar bring nuwe ontwik­kelings­geleenthede en die voortbou van projekte, soos Dinsdag by die maandelikse Togasi Talks bespreek is.

Die Togasi-sessies is ’n inisiatief deur die Saldanhabaai-nywerheidsontwik­keling (SBIDZ) wat deesdae virtueel plaasvind. Vandeesweek het Patrick Lakabane, in beheer van vaardigheids­ontwikkeling van die SBIDZ, uitgebrei oor waar dié ontwikkeling trek, nuwe planne asook geleenthede vir plaaslike sake.Hoogtepunte van dié sessie:. Hoewel sakelui wêreldwyd deur die Covid-19-pandemie geraak is, is die SBIDZ se belegger-pyplyn ongeskonde weens die virus. Volgens Lakabane het vele beleggers hul projekte uitgestel weens die pandemie, maar niemand het hul sake uit die ontwikkeling geneem nie.. ’n Geleentheid waarna die SBIDZ moontlik sal kyk, is om ’n skeepswerf binne die ontwikkeling te vestig. Aangesien die SBIDZ-rolspelers die gas en olie asook die marienesektor huisves, kan ’n skeepswerf ’n groot trekpleister vir beleggers en hul bedrywighede wees.. Rolspelers meen die SBIDZ moenie net kyk om opleiding te fasiliteer wat aan Suid-Afrikaanse standaarde voldoen nie, maar ook internasionale standaarde. Die hoop is indien plaaslike sakelui aan internasionale vereistes voldoen, beleggers meer geneë sal wees om van Weskussers gebruik te maak vir goedere en dienste.. Lakabane sê plaaslike sakelui maak goeie gebruik van die SME Co-Lab- sentrum wat verlede Oktober ingerig is. Dié fasiliteit in Saldanha se nywerheidsgebied bied sakelui ’n sentrum om onder meer vergaderings te hou, opleiding aan te bied en om die internet te gebruik.. Die SBIDZ het finansiële ondersteuning ontvang om verskeie opleidings aan te bied. Om geld in te win, is ’n deurlopende proses. Lakabane nooi sakelui om die ontwikkeling te nader om te help vas stel waar daar moontlik ’n leemte in terme van plaaslike vaardighede is.

Besoek die SBIDZ se webblad vir meer inligting en om gereelde e-posnuusbriewe te ontvang vir details oor onder meer die Togasi-sessies.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.