Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Geniet oumotors in Weskus

Daar is verskeie verwikkelings by die Weskus se bekende Klassiekemotor-beweging.

Danie Marnewick het meer as 20 jaar gelede sy liefde vir klassieke motors begin deel.

Saam met Marnewick is Ronnie Grace ook reeds 15 jaar by die plaaslike oumotor-beweging aan die Weskus betrokke.

Dié twee motorliefhebbers en sameroepers het nou, saam met vele ander entoesiaste, die Weskus se Klassiekemotor-vriendekring gestig.

Volgens Grace bestaan dié kring net uit “vriende wat ’n liefde en passie vir ou motors het”.

“Ons is nie ’n klub nie en geen ledegeld is betaalbaar nie. Almal wat in klassieke motors belangstel, is welkom om saam met ons aan aktiwiteite rondom klassieke motors deel te neem,” verduidelik hy.

Die groep het drie opwindende uitstappies wat wag.

Alle belangstellendes word genooi om deel van die pret te wees.

Stuur jou e-posadres aan Marnewick (083 257 6925) of Grace (072 229 8859) om op hoogte te bly van al die jongste klassiekemotornuus in die streek.

Die volgende uitstappies is:

. Saterdag 11 Augustus – die Leipoldtville-kuierfees.

. Saterdag 25 Augustus – Aurorafees.

. Saterdag 1 September – die Hopefield-blommeskou.

. Sondag 16 September – die Darling-blommeskou.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.