Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Gesloer verhinder sake by vismark

Sake-eienaars in Paternoster sê hulle is moeg gewag om by die plaaslike vismark in te trek.

Volgens Dwayne Brutus kom die gesloer nadat die eienaar van On the Rocks appèl teen haar uitsetting aangeteken het.

“Ons het reeds verlede jaar die kontrakte onderteken om in te trek. Die plan was om in Januarie in te trek, maar dit kon nie gebeur nie. Hoekom laat die munisipaliteit toe dat hulle deur een persoon gelei word?” wou hy weet.

Die vismark het vyf sake-eenhede wat by die Saldanhabaai-munisipaliteit gehuur kan word. Eienaars van die voormalige ondernemings is gesê hulle moet uit om plek te maak vir ’n nuwe onderneming.

Volgens Brutus sal al die eenhede nou deur wegneem-restaurante oorgeneem word. Die kontrakperiode is vir drie jaar met die opsie om die ooreenkoms daarna te verleng.

Ethne Lawrence, munisipale woordvoerder, het bevestig die proses met On the Rocks is vandeesweek afgehandel. “Die uitkoms van die appèl is nog aan die gang en om die uitslag bekend te maak voordat die applikant ingelig is, sal die geloofwaardigheid van die proses in die gedrang bring,” het sy gesê.

Brutus en Veronica Madala, wat haar eie onderneming het, sê dit was ’n gesukkel om ’n definitiewe antwoord uit die munisipaliteit te kry oor wanneer hulle kan intrek.

Hulle sê hoewel hulle voel die kontrak vir drie jaar kort is, sal hulle aanbeweeg die dag wanneer dié tydperk verstryk. “Hier is so min werksgeleentheid vir Paternoster se mense. Drie jaar beteken ons het net drie Desember-vakansies, wat eintlik die besigste tyd is, maar ons sal terugstaan as dit beteken iemand anders kan ’n inkomste verdien,” sê Madala.

Madala, Brutus en twee inwoners wat by hul onderskeie ondernemings sal werk, het verlede week by die vismark bymekaar gekom met plakkate om hul ongelukkigheid uit te spreek. Weslander het Natalie van der Heever, eienaar van On the Rocks, gekontak vir kommentaar.

Van der Heever het gesê sy is nie die aangewese persoon om kommentaar te lewer nie en het Weslander na die munisipaliteit verwys.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.