Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
‘Gesondheid almal se verantwoordelikheid’

“Gesondheidsdienste is die man­daat van die departement van gesondheid, maar gesondheid is almal se verantwoordelikheid.”

Só het die provinsiale minister van gesondheid, dr. Nomafrench Mbombo, Maandag (18 Maart) by die inwyding van die nuwe vleuel van die Vredenburg-hospitaal gesê.

Die gesondheidsdepartement het saam met die departement sport en rekreasie, maatskaplike dienste en ander plaaslike rolspelers vandeesweek aan die totale-gemeenskapsbenadering-uitreikprogram deelgeneem.

Die doel van dié program, genaamd WoSA, is om nouer samewerking tussen departemente, die publiek en rolspelers soos nieregeringsor­ganisasies te hê. “Gesondheidsdienste bestaan uit verskeie stelsels. Dit help nie een deel van die stelsel gee sy alles vir die gemeenskap son­der enige hulp van ander rol­spe­lers nie. Dit is nie volhou­baar nie,” het sy verduidelik.

Dr. Beth Engelbrecht, hoof van die Wes-Kaapse gesond­heids­departement, het bygevoeg dit is belangrik vir gesond­heidswerkers om die maatskaplike omstandighede van hul pasiënte te verstaan. “Wanneer jy ’n gewone mens is, kan regeringsorganisasies soos die departement van gesondheid dit partykeer vir pasiënte moeilik maak om gesondheidsdienste te kry,” meen Engelbrecht.

Mbombo het verduidelik die totale-gemeenskapsbenadering vorm deel van die regering se strewe na universele gesondheidsorg. WoSA-projekte is reeds in die Drakenstein-gebied, Khayelitsha en in Manenberg begin. Die Saldanhabaai-subdistrik is die vierde streek waar dié benadering geïmplementeer word.

Volgens die minister kan ’n universele gesondheidsorg net gebeur as die private sektor help. “Benewens die private sektor sal samewerking tussen die regeringsdepartemente, munisipaliteite en gemeenskapswerkers ’n groot rol speel in dié holistiese benadering,” het Mbombo verduidelik.

“Hierdie benadering is om vir al die Tannie Sarah’s te help. In Saldanha wil ons die sektore bymekaar kry om die beste maatskaplike dienste moontlik aan inwoners te bied.”

Die-totale gemeenskaps­benadering vorm deel van die provinsiale plan en begroting.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.