Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Getypoele glo veiliger

Getypoele is rotsagtige, mensgemaakte poele wat ’n wonderlike geleentheid aan strandgangers bied om klein marienespesies te ontdek en is ’n veilige, gesinsvriendelike plek om te swem.

In ’n opname oor getypoele aan die Suid-Afrikaanse kus deur D.E. Bosman en D.J.P. Scholtz word genoem dat ’n groot behoefte aan meer ontspanningsaktiwiteite vir gesinne aan die kus bestaan. Die volledige opname is gedoen aangesien so min inligting oor die veiligheid en ontwerp van getypoele in die land bestaan.

Die Saldanhababaai- en Bergrivier-munisipaliteite beskik tans nie oor enige getypoele nie.Instandhoudingswerk, uitdagings

Volgens die navorsing oor bestaande getypoele moet mensgemaakte swemplekke in die see omtrent twee keer per maand vir skoonmaakdoeleindes dreineer word. Dreinering is nodig om algegroei, wat die bodem van die getypoel glibberig kan maak, te beheer. Sand wat ingespoel en opgehoop het, word met skoonmaaksessies verwyder. Indien die getypoel slim geplaas is, vloei nuwe water gereeld in en is gereelde dreinering nie nodig nie. Hierdie poele is met hoogwater-springgety heeltemal onder water. Getypoele kan gevaar inhou

Afhangend van die uitleg en plasing van ’n getypoel kan dit ’n gevaar vir swemmers inhou. Mense kan van die symure na die agterste muur meegesleur word en in die see beland. Ontwerpfaktore om ingedagte te hou:. Bepaal of voorsiening vir volwassenes sowel as kinders gemaak gaan word wat verskillende aktiwiteite soos swem, duik of speel sal bepaal;. Oorweeg estetiese en ekologiese implikasies asook hoe gereeld die water deur golwe vervang word om instandhoudingswerk te verminder;. Oorweeg die gradiënt van die bodem. Hellings wat vinnig diep word of onegalig is, kan gevaar inhou.. Bedek dreineringspype om beserings te voorkom en rig borde op met veiligheidsreëls sowel as die diepte van die getypoel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.