Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
‘Glo net in jouself en deure sal oopgaan’

Sy het amper 20 jaar gelede by Weslanderas ’n geklassifiseerde tikster begin werk. Vandag is sy die koerant se kalm, dog ferm uitgewersbestuurder wat nie skroom om haar hande vuil te maak nie.

Op sewejarige ouderdom het Aletta Ellis (38) se familie Walvisbaai se strande vir dié van Saldanha verruil.

Alet is reeds 14 jaar met die liefde van haar lewe, Henry, getroud en saam het die paar twee kinders, HW (12) en Zoey (6).

Wat is jou stokperdjies? Wanneer ek die tyd kry, lees ek graag of doen blokkiesraaisels.

Het jy enige geheime talente? Ek sing graag in die stort of in die kar saam met die radio, of dit ’n geheime talent is . . . ek wonder!

Hoe balanseer jy huis en werk sonder om jouself af te skeep? Dit is ’n moeilike een daardie, maar ek glo dat elke werkende mamma tyd moet maak vir haarself om sane te bly. Soms gaan loop ek langs die strand en ander kere verloor ek myself in ’n boek wanneer die tyd dit toelaat. Heel belangrik is dat jy daardie tyd móét maak – al is dit net ’n halfuur elke aand met jou eie gedagtes en ’n koppie koffie.

Wat doen jy om te ontspan?  My gesin is my alles en gesinsuitstappies is my fun-tyd.

Wat is jou beroep? Ek is ’n uitgewersbestuurder.

Waar werk jy? Weskus Media. Ek is die uitgewer van Weslander in die Weskus en Weskus Nuus in Atlantis. Ek werk van die Vredenburg-kantoor.

Vertel ons kortliks van jou loopbaan voor jy by Weslanderaangesluit het? My loopbaan bestaan uit ’n paar uiteenlopende beroepe.  Ek het in 1999 by Weslander begin as die geklassifiseerde tikster, waarna ek bevorder is as advertensiebemarker. Daarna is ek uit die koerantwêreld na eiendom, waar ek vir ’n paar jaar ’n eiendomsagent was en toe kantoorbestuurder in die eiendomsbedryf.  My pad het weer in 2012 na Weslander as advertensiebemarker teruggekeer. In 2014 het ek vir ’n tydjie by Weskus Mall as bemarkingsbestuurder aangesluit waarna ek weer by Weskus Media in die pos waarin ek nou staan begin werk het.

Verduidelik kortliks wat jou werk behels? Die dag-tot-dag-bestuur van Weslander en Weskus Nuus.

Wat is van die uitdagings wat jy as vrou soms ervaar en hoe oorkom jy dit? Om vrou te wees, plaas ons onsself dikwels in boksies – die perfekte ma wees, die perfekte voorkoms te handhaaf, die perfekte alles te probeer wees. Wees net jouself en alles sal gebeur soos dit moet gebeur.

Wat beteken vrou wees vir jou? ’n Vrou het vele talente en dit is vir my amazing dat ’n vrou alles op een slag kan wees – mamma, leier, vriendin, vrou, vertroueling – ’n goeie rolmodel glo ek. 

Wat is die drie beste lewens- en ondernemingslesse wat jy altyd saam met jou sal dra? 1. As jy jouself in enige situasie bevind waarin jy onseker is of twyfel, Stop. Take a step back and evaluate. 2. Glo in jouself en in jou vermoë en vra as jy onseker is, wees leergierig. 3. Wees ’n rolmodel vir ander in jou persoonlike en professionele lewe. Do and treat people as you would want to be treated.

Wat sal jy vir jou 16-jarige self sê? Be ambitious, but be humble, believe in yourself and you will succeed.

Waarom is dit vir jou belangrik om ander vroue te mentor?  Elke vrou is pragtig op haar eie manier.  Elke vrou het ’n talent wat ongerep is, ons moet net glo in onsself en soveel deure sal daarna oopgaan. 

Wat is die nalatenskap wat jy as vrou wil laat?  Ek sal graag onthou wil word as iemand wat ’n verskil gemaak het, ’n rolmodel en ’n spanmaat. Iemand wat ander se belange op die hart dra en ander inspireer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.