Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
G’n truuks aan dié skrywer en fotograaf nie

Met kursusse agter die rug en die oop pad voor haar het Trix Bester haar kundigheid in fotografie uitgebrei.

Volgens dié inwoner van Langebaan het sy altyd geweet daar steek iets in haar en dat sy ’n goeie oog vir ’n goeie foto het.

Haar liefde vir reis het haar die geleentheid gegee om haar kuns vir fotografie uit te leef.

“Ek het in pas hiermee, en deels as gevolg my reise en foto’s, per abuis begin skryf,” vertel Bester.

Alles het begin met ’n artikel oor haar reis na Marokko, wat in die Cape Times verskyn het, waarna sy aangemoedig is om ’n skryfkursus te volg. Min het sy geweet dat sy ná verskeie skryfkursusse ’n volledige verhaal sou kon skryf.

“Die karakters het self daarop aangedring om hul storie verder te vertel, en die verhaal het sy eie verloop geneem.”

Bester vertel die storie gaan oor dit wat ’n groep vriende onderneem het en strek oor verskeie lande, ervarings en kulture.

“Aangesien fotografie so ’n groot deel daarvan uitgemaak het en die reise die agtergrond vir die verhaal gevorm het, is elke hoofstuk deur een van my foto’s vergesel. “Die omslag sluit ook een van my foto’s in en ek het self die verantwoordelikheid vir die ontwerp van die boeke geneem.”

Volgens Bester gee fotografie haar die geleentheid om haar kreatief uit te leef. Sy sê sy kan haar kreatiewe verbeelding gebruik om ’n storie of emosie agter dit wat sy sien, na vore te laat kom.

“Die detail en konkrete elemente van realiteit val weg, en sodoende word die indruk van emosie en verbeelding aan die waarnemer oorgelaat. Dis hierdie visuele reis wat my lewe vol maak en my bly inspireer.”

Sy moedig fotograwe aan om hul instink te volg. “Kry ’n gevoel vir wat en hoe jy in fotografie wil doen en gaan dan vir kursusse by verskillende aanbieders. Sodoende volg jy nie een se aanbevelings slaafs na nie, maar kry jy die geleentheid om jou eie styl te vind.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.