Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Goue oues woeker

Die Weskus-distriksmunisipaliteit (WKDM) se jaarlikse “Golden Games” het Donderdag 30 Augustus weer groot opwinding opgelewer.

Sowat 600 deelnemers, almal ouer as 60, het aan die spele, wat in Porterville gehou is, deelgeneem.

Die Gouespele word aangebied in samewerking met die Wes-Kaapse Provinsiale Regering asook die plaaslike munisipaliteite.

Senior burgers van reg oor die Weskusdistrik neem elke jaar aan verskeie ontspanning- en sportaktiwiteite deel. Van die deelnemers het ook al deurgedring om die Wes-Kaap by die nasionale Gouespele te verteenwoordig.

Die uitvoerende burgemeester van die WKDM, Harold Cleophas, is passievol oor die projek en het weereens die munisipaliteit se toewyding tot die projek beklemtoon.

“Dit is vir my ’n riem onder die hart om te sien hoe ons bejaardes hulle in die aktiwiteite geniet en daarom sal ons alles in ons vermoë doen om seker te maak dat die Golden Games bly voortbestaan,” het Cleophas belowe.

Die burgemeester het alle amptenare en borge en ook die Bergrivier-munisipaliteit, wat as vanjaar se gasheer opgetree het, vir hul ondersteuning en betrokkenheid bedank.

Oom Joe Basson, die verdedigende kampioen in die 200 meter vir mans ouer as 60, het gesê die Gouespele is ’n groot hoogtepunt op sy klub se kalender.

“Ons hier by Aan Oewer in Velddrif sien elke jaar na die Golden Games uit. Die organisering van die saamtrek is altyd puik en dis lekker vir ons om nuwe maats te maak,” het oom Joe gesê.

Al die atlete is ná afloop van die spele met ’n medalje vir hul deelname aan die Gouespele beloon.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.