Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
GPF wil nou sy beeld so herstel

Die Vredenburg-gemeenskaps­polisiëringsforum wil sy verhouding met die gemeenskap herstel.

Die voorsitter, pastoor Louis Herdien, sê die organisasie se bestuurskomitee werk hard daaraan om hul beeld te herstel ná finansiële ongerymdhede en ’n klag van bedrog teen die voormalige voorsitter, Isabel Coetzee, die afgelope twee jaar ondersoek word.

Coetzee, wat toegang tot die GPF se bankrekening gehad het, is verlede jaar strafregtelik vervolg omdat sy glo die organisasie se geld “gebruik” het.

Die geld is egter later deur Coetzee terugbetaal en volgens kapt. Tania Helfrich, ’n polisiewoordvoerder, is die aanklagte vandeesweek teen Coetzee teruggetrek.

“Die hof het die saak medieer en dit word nou as afgehandel beskou,” het Helfrich gesê.

Herdien sê die voorval het groot skade aan die GPF se beeld by die polisiediens en die publiek veroorsaak. Hy sê ook verskeie maatreëls is sedertdien in werking gestel om soortgelyke voorvalle in die toekoms te verhoed.

“Ons doel is om oplossings vir veiligheidsprobleme in die dorp te vind, te verseker dat die polisiediens verantwoordbaar gehou word, en om deursigtig en effektief in die gemeenskap te wees. Ons moet eenvoudig die vertroue herstel,” benadruk hy.

Gemeenskapspolisiëringsforums word in terme van artikel 19 (1) van die Wet op die Suid-Afrikaanse Polisiediens, Wet 68 van 1995, gestig.

“Ons wil streng by die GPF-grondwet hou en doen wat van ons vereis word,” sê Herdien.

Die Vredenburg-GPF het volgens Herdien in die lig van die onlangse bedrog-petalje stagneer en ’n tussentydse bestuurskomitee is verlede maand verkies om ’n “nuwe blaadjie om te slaan”. Herdien verduidelik hierdie komitee sal aan die stuur van die tuig wees tot die organisasie se algemene jaarvergadering en verkiesing wat aan die einde van 2019 sal plaasvind.

Om die “nuwe GPF” aan die gemeenskap bekend te stel, word ’n lekker dans met die kunstenaar Jay Jay en ’n driegangmaaltyd Saterdag 15 Junie by die Skilpadsaal by die dorp se sportterrein beplan.

Ondersteun die stryd teen misdaad en geweld deur ’n tafel te bespreek. ’n Veiling sal aangebied word waar onder meer rugbytruie, wildsvleis en luukse oornagverblyf opgeveil sal word.

Belangstellendes word ook genooi om Woensdagaand 12 Junie 18:00 in die Louwville-gemeenskapsaal bymekaar te kom vir die verkiesing van ’n nuwe buurtwag vir die woonbuurt.

Bel die GPF se projekkoördineerder, Gert van Rooyen, by 078 887 6447 om ’n tafel vir die dans te bespreek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.