Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Groenvinger-oes

Bertie Burger van Laaiplek sê hy is bevoorreg om ’n uitstekende tuinman en groenteboer van formaat in sy diens te hê.

Isak Coetzee (58) van Noordhoek werk al sowat ses jaar in Burger se tuin in Corbetstraat, Laaiplek.

Volgens Burger is Coetzee nie net ’n ywerige tuinman nie, maar ook ’n bekwame groenteboer. Alles wat Coetzee plant of waaraan sy groenvingers raak en wat hy met liefde tot volwassenheid kweek, lewer reuse en sappige oeste op.

Daar is gereeld mooi oeste van ertjies, boontjies, tamaties, uie en rape wat tussen Burger en Coetzee verdeel word.

“Ek is so trots op hierdie man, ek moet natuurlik uit dankbaarheid oor hom spog,” het Burger ingenome gesê.

Coetzee het vandeesweek ’n enorme raap van 1,2 kg uit die tuin geoes. “Dis die grootste een van die jaar,” sê Burger.

Coetzee het ook ’n slag met blomme, en Burger spog met die “benydenswaardige vygies” voor sy huis.

“Baie dankie Isak. Ons waardeer jou.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.