Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Groep maak hande vuil

’n Groep jong Weskussers het Sater­dag Saldanha-strand skoongemaak omdat hulle glo moeg is om “net goed op Facebook te sê sonder aksie”.

Ashley Constant en sy vriende het die afgelope tyd gesien hoe vuil is die strand en het besluit om die rommel op die strand op te tel.

Volgens Constant wil die groep, wat as “The Open Minded” bekend staan, iets vir die gemeenskap doen. Hulle is ook in die proses om ’n organisasie te stig wat spesifiek op jeugontwikkeling sal fokus. “Mense is baie bekommerd oor Saldanha Staal wat gaan toemaak. Die jongmense in ons omgewing is op soek na werk,” meen Constant.

Hy sê die groep hoop om eersdaags die organisasie amptelik by die departement van maatskaplike dienste te registreer en meer uitreikaksies in die gemeenskap te hou.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.