Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Groot jolyt by die Saldanha-seekosfees

Die heerlike sonskynweer het talle besoekers Saterdag na die Saldanha-seekosfees gelok.

Die fees is deur Saldanha se nuwe plaaslike toerisme-organisasie, die Saldanha Local Tourism Organisation (Salta), in samewerking met die Saldanhabaai-toerismeorganisasie Saterdag op die dorp se sportterrein gehou.

Feesgangers het heerlik op die groen gras ontspan en die musiek asook vermaak op die verhoog geniet, terwyl hulle aan die kos gesmul het wat hulle by die verskeie stalletjies gekoop het. Die kunstenaars en groepe wat by die fees opgetree het, is onder andere die bekende Wouter van der Venter en gewilde Johnty Basson, asook Capitol F, Trading Ends, DJ Roy, DJ Cruise en Tarsha Miles.

Salta is Saterdagaand amptelik by die seekosfees van stapel gestuur en bekend gestel.

Volgens Lawton van Oordt, bestuurskomiteelid van Salta, neem dié organisasie die fees nou by die Saldanhabaai-toerismeorganisasie oor wat dit voorheen aangebied het. Van Oordt sê dis die organisasie se plan om van die seekosfees ’n jaarlikse instelling te maak.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.