Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Groot planne vir myn

Planne vir verstellings by die Elandsfonteinmyn is onderweg met die hoop om dié omstrede fosfaatmyn teen die middel van aanstaande jaar in weer bedryf te hê.

Só het Mark Maynard, hoofbestuurder van die myn, verlede week by die Weskus-sakekamer se maandelikse netwerksessie laat weet. Die geleentheid is by die Langebaan Country Estate (LCE) gehou.

Maynard het ’n voorlegging oor Kropz, die meerderheidseienaar van die myn buite Hopefield, gedoen en alle belangstellendes genooi om die perseel te besoek.

Intussen moet $16 miljoen geïn word vir die myn se planne.

Kropz beplan om eersdaags die myn op die Britse aandelebeurs te registreer om ’n deel van die geld te bekom.

Kropz kyk ook om in die langtermyn nóg twee deposito’s in onderskeidelik die Republiek van Kongo en Ghana by hul onderneming te voeg.

Oor die myn se nodige lisensies het Maynard gesê die omgewingsgoedkeuring is in orde. Die waterlisensie word egter betwis met dié saak wat by die departement van water en sanitasie se watertribunaal op die rol is. Die saak is aanvanklik deur teenstanders van die myn na die Wes-Kaapse Hooggeregshof geneem, maar is later deur die hof na die departement se interne tribunaal verwys.

Wanneer dié tribunaal die saak onder oë sou hê, kon Maynard nie bevestig nie.

Maynard sê die myn se bestuur is bewus van die slag wat werkers van die myn, hoofsaaklik van die nabye Hopefield, getref het nadat hulle meer as 500 werkers moes aflê. Hy sê ten spyte van die aflegging streef die myn om in die lang termyn 70% van sy werksmag uit die plaaslike gemeenskap te kry.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.