Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Hawe moet ‘skoonmaak’

Ystererts-stofbesoedeling het sedert die voltooiing van die Sishen-Saldanha-spoorlyn in 1976 ’n groot probleem in die Vredenburg- en Saldanha-omgewing geword. In die beginjare was die deurset by die Saldanhahawe van ystererts wat van die Sishen-myne af gebring is, sowat 18 miljoen ton per jaar. Deesdae is dit 60 miljoen ton per jaar.

Die ystererts-stofbesoedeling het dienooreenkomstig erger geraak. Inwoners en omgewingskampvegters kla al dekades lank oor die klewerige rooi stof wat hul eiendom, voertuie en die mooi natuurskoon bevlek. Hulle vrees ook vir hul gesondheid.

Meer as een studie, waaroor Weslander al berig het, het bewys dat voortdurende blootstelling aan ’n verhoogde hoeveelheid ysterertsstof wel ’n risiko vir inwoners se gesondheid mag inhou – veral respiratoriese probleme.

SRK Consulting het in sy ondersoek bevind TPT se atmosferiese uitlaat was in die betrokke moniteringstyd bo die wettige perk. Gemeet aan huidige werksaamhede by die hawe, voorspel SRK in die verslag dat hierdie perk gaan styg, terwyl groot bronne van besoedeling by TPT reeds moontlik ’n impak op die luggehalte het.

In 2016 is sowat 400 klagtes aangeteken met betrekking tot die vlek van eiendomme deur rooistofbesoedeling (ysterertsstof) en 11 oor onwettige stortings, veral op openbare paaie.

Volgens die verslag is die meeste klagtes in 2018 ontvang, wat dui op ’n verhoging in klagtes. In ’n amptelike dokument van die Weskusdistrik-munisipaliteit (WKDM) word ook genoem dat TPT al drie keer uitstel gevra het vir die voltooiing van projekte wat besoedeling sal verminder, soos uiteengesit in hul lisensievoorwaardes. TPT het reeds aangedui dat hy moontlik ’n vierde uitstel sal nodig hê, wat sal beteken die sperdatum van die huidige atmosferiese uitlaatlisensie word oorskry. David Joubert, munisipale bestuurder van WKDM, skryf in sy korrespondensie aan TPT dat hulle as die owerheid na ’n skoon, gesonde blyplek vir sy inwoners streef soos in artikel 24 van die grondwet gestipuleer. Hierdie deel van die grondwet bepaal ook dat landsburgers die reg het op die beskerming van hul omgewing deur sekere maatreëls, dat ekologies volhoubare praktyke bevorder moet word, sowel as regverdigbare maatskaplike en ekonomiese ontwikkeling. In WKDM se skrywe word aangedui TPT se “sisteme om besoedeling te bestuur is nie bevredigend nie. Die klagtes is ’n bewys hiervan,” skryf Joubert. WKDM sal slegs ’n aanpassing aan TPT se atmosferiese uitlaatlisensie oorweeg wanneer aan alle vereistes van die huidige lisensie voldoen word. TPT is 21 dae gegee om skriftelik teen WKDM se besluit te appelleer. TPT het ontvangs van Weslander se navrae erken en is besig om amptelike terugvoering saam te stel. Herbst sê die stigting van die Saldanha Bay Air Quality Trust is in ’n gevorderde stadium en behoort teen Januarie 2019 aktief te wees. Die trust sal deur al die bydraers van lugbesoedeling tot die omgewing gesteun word. Kundige mense word dan aangestel om luggehalte te monitor en nywerhede verantwoordbaar vir hul werksaamhede te hou. “Die trust sal soortgelyk wees aan die Saldanha Bay Water Quality Trust wat al jare lank uitstekende werk doen,” aldus Herbst.

Volgens Herbst het die grootste nywerhede – Transnet, Duferco en ArcelorMittal – reeds ingestem om saam te werk.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.