Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Haweloses kry tydelike blyplek

Kos word versamel, tente word opgeslaan en haweloses maak gereed vir hul tydelike blyplek vir die res van die nasionale inperking.

’n Saldanhabaai-rampbe­stuur­ondersteuningsentrum is deur die munisipaliteit gestig om haweloses en ander be­hoeftiges tydens die inperking van 21 dae te help.

Die burgemeester, Marius Koen, het Vrydag, die eerste dag van die inperking, verduidelik ’n perseel is reeds geïdentifiseer om die haweloses skuiling te gee. Die praktiese uitvoering van die planne was in daardie stadium ’n struikelblok. “Dit is ’n tegniese punt, maar ons kan nie mense dwing om op dié perseel te bly nie, want dit is nie hul huis nie. Hoe ons almal binne die perseel sal hou en hoe ons hulle sal kos gee, is in die stadium ’n groot probleem,” het Koen verduidelik.

Vele Weslander-lesers het teen die munisipaliteit uitgevaar omdat ’n perseel vir haweloses nie met die intrapslag van die inperking reeds ingerig is nie. Daar is geen bestaande skuiling vir haweloses in die Saldanhabaai-gebied nie.

Sedertdien is die munisipa­liteit besig om kos, klere en beddegoed vir behoeftiges in te samel. ’n Beroep is op inwoners, sakeondernemings en organisasies gedoen om skenkings te gee om die behoeftiges te help.

Hanlie Linde, munisipale bestuurder van die Bergrivier-munisipaliteit, het laat weet plaaslike dorpe huisves elk sy eie haweloses. “Bergrivier-munisipaliteit sal nie ’n nuwe behuisingplan opstel nie, maar die haweloses sal gehuisves word. Ons wil ook diegene bedank wat bygedra het om die kwesbares en behoeftige inwoners te ondersteun,” het sy gesê.

In Piketberg word 27 mense by die Rhino Park-rugbyveld gehuisves. Die inwoners sal tot 24 uur ná die inperking gehuisves word.

Porterville se skou- en sportterrein huisves 15 mense tydens die inperking en in Velddrif is daar 47 haweloses wat daagliks deur die FDSA-sopkombuis gevoed word. Dié kombuis se daaglikse bedrywighede gaan ook soos normaal aan met byna 1 000 kinders en bejaardes wat ’n maaltyd ontvang.

Teen druktyd het SBM nie bevestig waar die skuiling is en wanneer dit gereed sal wees nie.. Enigeen wat die rampbestuur-sentrum wil ondersteun, kan e-pos aan sbdisasterrelief@sbto.co.za stuur. Afsetpunte is ook in verskeie dorpe opgestel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.