Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Haweloses rus op grafte

Die laaste rusplek van Vredenburgers blyk ook nou ’n rusplek vir despe­rate haweloses te wees.

’n Verbyganger het onlangs vroegoggend ’n foto van ’n slapende man en ’n kind geneem. Dié twee was met komberse toegedraai en hulle het hulself saam met hul besittings op die graf tuisgemaak.

Haweloses in die ou begraafplase is al lank ’n probleem vir inwoners wat naby begraafplase woon.

Weslander het oor die jare reeds berig oor die haweloses wat hulle onder meer in die Vredenburg- en Saldanha- begraafplaas tuismaak.

Volgens die Saldanhabaai-munisipali­teit word alle ou begraafplase ingevolge ’n sentrale instandhoudingsplan bestuur. Daar is egter nie voltydse toesighouers by dié begraafplase nie.

“ ’n Maandelikse instandhoudings-program dui aan welke begraafplaas wanneer onderhou moet word. “Vandalisme en haweloosheid is ongelukkig ’n werklikheid wat talle uitdagings teweegbring. Indien gevalle van vandalisme en hawelose mense opgemerk word of klagtes ontvang word, word dit dadelik aan wetstoepas­sing gerapporteer vir optrede waarna die instandhoudingspan dan weer gaan opruim,” verduidelik Ethne Lawrence, die munisipale woordvoerder.

Deel van die probleem blyk te wees dat daar geen amptelike skuiling vir haweloses is nie. Daar is geen heenkome vir haweloses in die munisi­pale gebied nie en die naaste skuiling is in Malmesbury.

Sr. Chrisna du Plessis, stigter van die Siyabonga Care Village, bevestig daar is nie ’n plaaslike skuiling nie. Die onus lê dus by die departement van maatskaplik­e ontwikkeling.

Esther Lewis, woordvoer­der van dié departement, sê in gevalle soos hierdie moet die plaaslike kantoor gekon­tak word: “Maatskaplike werkers sal ’n assessering voltooi en ’n plan ontwikkel vir die kliënt om te bepaal wat die beste plan vorentoe is, wat die toepaslike ingrypings en dienste van die departement insluit.”

Planne om plaaslik ’n veilige hawe te skep, is jare reeds aan die gang, maar rolspelers kon steeds nie slaag om ’n fasiliteit op die been te bring nie.

Intussen sê Lawrence munisipale wetstoepassers hou gereeld by begraaf­plase inspeksies en “mense word van die perseel verwyder ingevolge die munisipale verordeninge”. Sy sê daar word beoog om veiligheidsbeamp­tes bedags by die begraafplaas te ontplooi.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.