Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Helderkleurige vrolikheid by sewende Kansa Shavathon

Weskus Mall het Saterdag sy sewende Kansa Shavathon aangebied.

Sowat 123 Weskussers het hul hare geknip of in vrolike, helder kleure laat spuit. Twee kliënte het hul 25 cm lange poniesterte geskenk – die sewejarige Mieke Lubbe is een van dié wat haar poniestert geskenk het – sodat dit gebruik kan word om pruike vir kankerlyers te maak. Saam met haar hare het sy ook ’n briefie aan ’n maatjie geskryf wat lui: “Ek gee met liefde my lang hare vir jou . . .” asook ’n telefoonnommer om haar te kontak.

Joanne Bester, bemarkingsbestuurder by Weskus Mall, sê hulle het altesaam R6 543,65 met die inisiatief ingesamel.

“Dit is die vyfde jaar dat Weskus Mall self die Shavathon reël, maar die sewende jaar dat ons direk betrokke is. Die vorige twee jaar is dit deur Kansa gereël,” sê sy.

Van die vrywilligers daar was die Weslander-personeel, Weskus Mall-personeel, die skoonheidskoninginne Anita Senekal en Chanté Green en haar ma, Chanel, Mnr. en Mej. Curro 2017, Curro-leerders en Kansa-vrywilligers.

Bester sê verskeie mense het bedrae van tot R1 000 geskenk.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.