Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Honde, katte word gratis ingeënt

Inwoners wat hul honde en katte wil laat inent, kan dié prosedures aanstaande week gratis laat doen danksy die departement van landbou se veterinêre diens.

Die dieregesondheidspan sal plaaslike diere in St. Helenabaai en Vredenburg inent as deel van ’n program om hondsdolheid te voorkom.

Hondsdolheid is ’n gevaarlike en noodlottige siekte van honde, katte, alle warmbloedige diere en mense, en word hoofsaaklik oorgedra wanneer ’n siek dier iemand byt.

Die inenting van troeteldiere is die doeltreffendste manier om diere sowel as mense teen dié dodelike virus te beskerm.

Suid-Afrika is ’n verklaarde hondsdolheidgebied en alle honde en katte moet ingeënt word sodra hulle drie maande oud is.

Mense moet onder geen omstandighede wilde diere wat mak lyk, probeer vang of hanteer nie. Skakel die naaste staatsveearts, private veearts of dieregesondheidstegnikus vir hulp.

Vir mens en dier se veiligheid moet honde wat ingeënt word, aan ’n halsband en leiband wees en katte in ’n mandjie of iets soos ’n lemoensakkie.

Bel Hendrik Hagen by 082 896 9570 vir nog inligting oor die komende inentingsprogram.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.