Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Hospies vereer helpers

Die pad vorentoe is bekyk en ’n feesviering gehou verlede Donderdag by die St. Helena Sandveld-hospies se jaarver­gadering.

Vanjaar is die 15de jaar sedert die organisasie gestig is. Die hospies bied palliatiewe sorg aan Weskus­sers en bystand aan hul geliefdes.

Peter Devey, voorsitter van die direksie, het verduidelik dat die organisasie se inkomste grootliks afhanklik is van die hospies se drie liefdadigheidswinkels asook donateurs. ’n Groot finansiële hupstoot vir die organisasie het gekom van die Saldanha-rugbyklub se Pienk-derby wat by die plaaslike stadion gehou is. Die rugbyklub het R100 000 ingesamel.

“Finansiële volhoubaarheid is steeds die grootste uitdaging. Strategies gesproke poog ons om finansiering te vind vir ons eie kantoor om ons huuruitgawes te verminder. Dit is onduidelik wat die impak van die staat se voorgestelde nasionale gesondheidsversekerings­program op palliatiewe dienste gaan hê.

“Die direksie en personeel sal voortgaan om gehalte palliatiewe dienste aan die gemeenskap te lewer wanneer hulle dit die nodigste het,” het Devey verduidelik.

Benewens die palliatiewe sorg wat gemiddeld aan meer as 60 persone per maand gebied word, bied die hospies ook ’n program saam met die departement van maatskaplike ontwikkeling aan. Dié program is vir ouers, kinders asook wees­kinders.

Vrywilligers en personeel met jare diens is ook Donderdag vereer vir hul onbaatsugtige diens. Onder diegene wat vir 15 jaar diens vereer is, is suster Jill Snyman, Marion Oldfield, Leonore Hayley en Ann Meyer.

. Enigeen wat ’n bydrae aan hospies wil maak, kan dié organisasie ’n begunstigde van hul MyVillage-kaart maak.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.