Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Huis Wittekruin se nuwe bestuurder het groot planne

Karin Hubbard, ’n bekende in maatskaplike kringe aan die Weskus, is vuur en vlam oor haar nuwe pos as bestuurder by die Huis Wittekruin-aftreeoord en tehuis vir bejaardes in Vredenburg.

Huis Wittekruin se visie, naamlik “ons diens met deernis” is iets waaroor Hubbard passievol is en graag as bestuurder wil bevorder.

Sy streef daarna om die inwoners gelukkig te hou en om ’n tuiste te skep vir al die bejaardes en ’n plek “wat soos ’n huis voel” eerder as net ’n “normale ouetehuis”, sê Hubbard.

Hubbard het op 1 Julie as die nuwe bestuurder by Huis Wittekruin ingeval en beskryf hierdie nuwe uitdaging as “opwindend en iets wat ek nog altyd wou doen, omdat dit my passie is”.

Haar verpligtinge as bestuurder sluit in om die dienste wat gebied word volhoubaar en bekostigbaar te hou sowel as om die inwoners van Huis Wittekruin gelukkig te hou.

Volgens Hubbard is die hoogtepunte van hierdie nuwe pos om elke dag nou met die inwoners saam te werk en hulle vreugde in die hart te bring.

Hubbard sê haar passie en vreugde in die lewe is ouer mense, maar selfs nog meer om elke oggend op te staan vir werk en te weet dat sy saam met hulle kan werk.

As Vrystater het sy haar graad in Maatskaplike Werk ontvang en daarna haar honneurs in Sielkunde aan die Universiteit van die Vrystaat voltooi.

Sy woon sedert 2000 in die Weskus.

Sy het ook vir die Aan Oewer-dienssentrum in Velddrif asook die Hospice en Siyabonga, gewerk het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.