Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Humeure vlam op

Ongelukkigheid met diens het een sakeman erg onthuts gehad ná ’n besoek aan die voertuig-toetssentrum in Vredenburg.

Francois Turner, ’n sakeman van Hopefield, het vandeesmaand een van sy vragmotors na die toetssentrum geneem.

Turner was erg ontsteld toe die personeel van die sentrum sy vragmotor volgens hom roekeloos bestuur het.

“Ek het vooraf gesê die vragmotor moenie op die sypaadjie parkeer word nie, maar dit is presies wat hulle gedoen het. Die voertuie is daar en hulle ry soos hulle wil met my eiendom,” het hy verduidelik.

Swaar voertuie word gereeld in Klaas Baardstraat en Velddrifweg (parallele straat) parkeer waar hulle vir ’n inspeksie by die sentrum wag.

Volgens die Saldanhabaai-munisipaliteit se verordeninge mag swaar voertuie nie op sypaadjies parkeer word nie. ’n Uitsondering van dié verordening is boupersele en spesiale toestemming moet verkry word.

By navraag het Ethne Julius, die munisipale woordvoerder, bevestig die onderneming in Klaas Braadstraat het nié toestemming om sy kliënte se voertuie op die nabye sypaadjies te parkeer nie. Geen amptelike klagtes oor die parkering is egter aan die munisipaliteit gerig nie.

Therisa van Niekerk, bestuurder van die sentrum, sê sy is bewus van die klagtes en dat Turner self nie baie professioneel opgetree het nie.

“Meneer Turner was baie onbeskof met my personeel en het my so voor ander kliënte vergil en verskree en het hulle so ontstel dat ek verskoning gevra het. Soos hy sê, het hy die reg om te kla as hy ontevrede is, maar dan doen ’n mens dit op die regte manier – in ’n kantoor; jy gil en vloek en skree nie voor ander kliënte nie,” meen sy.

Op Turner se aandrang het sy self munisipale wetstoepassers geskakel wat niks fout met die voertuig kon vind nie.

“Die voertuie staan op die sypaadjie, nie voor iemand se ingang nie, maar as enigiemand ’n probleem het, is hulle welkom om my te kom sien,” nooi Van Niekerk.. Die weegbrug langs die R27, wat deur die departement van verkeer en openbare werke uitgekontrakteer word, is in November 2017 gesluit om plek te maak vir ’n deurpad.

Byron la Hoe, ’n woordvoerder, het destyds aan Weslander bevestig daar is geen planne om ’n nuwe weegbrug te bou nie, maar wel sprake om ’n weegbrug oor drie of vier jaar in Gouda se streek op te rig.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.