Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Inbrekers kom Dirk se Slaghuis deur dak binne

Inbrekers het Woensdag 5 Februarie deur die nag op die bekende Dirk se Slaghuis in Markstraat, Vredenburg, toegeslaan.

Een of meer boosdoeners het deur die winkel se dak toegang tot die perseel verkry. ’n Gat is in die dak gekap, waarna die skelms deur die plafon ingebreek het.

Die inbrekers het egter nie kans gekry om veel te steel nie aangesien die alarm dadelik geaktiveer is en hulle vinnig op die vlug geslaan het deur weer deur die dak na buite te klim.

Die skade aan die dak en plafon is egter aansienlik.

Volgens kapt. Tania Helfrich, woordvoerder van die Vredenburg-polisie, is Fransisco Snyders (33) van Louwville met betrekking tot die inbraak in hegtenis geneem.

Snyders het Vrydag 7 Februarie in die Vredenburg-landdroshof verskyn en moet weer Vrydag 14 Februarie in die hof wees.

Die winkel is sedertdien gesluit aangesien die eienaar nog op ’n assessor van die slaghuis se versekeringsmaatskappy wag.

Die winkelbestuurder het egter Dinsdag aan Weslander gesê datdie slaghuis baie moontlik weer teen vroeg aanstaande week oop sal wees.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.