Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Inligtingsessie vir vroue oor ‘erkenning’

Vroue wat hul kwalifikasies wil opskerp of erkenning kry vir jare se ervaring kan Saterdag meer hieroor uitvind.

Op Saterdag 22 April hou Mooneera Isaacs van MI Learning and Development Consultancy ’n gratis werkswinkel vir vroue.

Die sessie is vir vroue wat reeds jare se ondervinding het in ’n veld, of sertifikate in verskeie areas het, maar geen erkende kwalifikasie op ’n gebied het nie.

Die idee is om die nodige erkenning te kry vir die ondervinding wat die dames reeds oor beskik.

Met behulp van Isaacs kan vroue verdere kursusse voltooi wat tot ’n erkende kwalifikasie kan lei.

“Jy verdien punte vir ondervinding en kursusse alreeds voltooi. Dit het al gebeur dat die hoeveelheid punte wat mense verdien vir vorige ondervinding hulle baie naby aan ’n erkende kwalifikasie bring,” lui die mediaverklaring.

Die sessie sal om 11:00 by 7 Gracillaria Cres., Blouwaterbaai, Saldanha aangebied word.

Skakel Arendine by 078 281 0717 vir inligting.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.