Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
‘Inwoners moet almal help om vleilande te behou’

Volgens ’n persverklaring van CapeNature, ’n openbare organisasie wat natuurbewaring en biodiversiteit bevorder, word Wêreld-vleilanddag jaarliks op 2 Februarie gevier.

Wêreld-vleilanddag word reeds sedert 1997 internasionaal gevier op die dag wat die Ramsar-konvensie, amper 50 jaar gelede, in werking getree het. Die Ramsar-konvensie is ’n internasionale ooreenkoms oor vleilande wat op 2 Februarie 1971 tot stand gekom het.

“Hierdie dag is daarop gemik om aandag te gee aan die belangrikheid van biodiversiteit, spesifiek binne vleiland-ekostelsels, wat volgens die nasionale biodiversiteit-assessering van 2012 as die mees bedreigde ekostelsel in Suid-Afrika beskou word. Vleilandhabitatte gaan verlore deur erosie, indringerplante, besoedeling, grootskaalse oorstromings en onvanpaste brandpraktyke,” lui ’n deel uit die verklaring.

Ben van Staden, programbestuurder: bestuur van natuurlike hulpbronne by CapeNature sê: “Vleilande beslaan meer as vier miljoen hektaar van Suid-Afrika se oppervlakte en lewer noodsaaklike dienste aan die ekostelsel. Vleilande voorsien vars water, help om erosie en oorstromings te verminder.

“Hierdie ekostelsels bied ook gees­telike, opvoedkundige en ontspannings­voordele, asook werksgeleenthede deur sektore soos toerisme.”

CapeNature moedig die publiek aan om “te werk aan ’n belangrike verhou­ding waarvan hulle dikwels vergeet, hul verhouding met hul natuurlike omge­wing”.

CapeNature stel voor dat inwoners hul deel doen deur besoedeling te verminder, of nie te besoedel nie, inheemse plante te plant en aan rivieropruimingsprojekte en skoonmaakprojekte deel te neem.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.