Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
JOR-musiekfees lok duisende

Sowat 20 000 mense het die negende Jazz On The Rocks (JOR)-musiekfees die afgelope naweek by Tietiesbaai bygewoon.

Dié musiekfees het van Donderdag 28 Februarie tot Sondag 2 Maart by die Tietiesbaai-strandoord, naby Paternoster, plaasgevind.

Die organiseerders van die byeenkoms was Camissa Solutions.

Verskeie kunstenaars was op die verhoog te sien, onder andere die veteraan-jazzgroep N2, Garth Taylor van Why-faam, The Rockets, jazzkitaar-towenaar Jimmy Dludlu, die partytjie-groep Jeodhouse, die legendariese sanger Leslie Kleinsmith, die gewilde kitaarspeler en sanger Ernie Smith en die sangeres Salome.

Brent Krus van Atlantis was een van die trekpleisters met sy indrukwekkende huldeblyk aan die legendariese kitaarspeler Carlos Santana en Sondagaand het Alistair Izobell die fees afgesluit.

Die woordvoerder vir Camissa Solutions, Andrew Koopman, sê op vanjaar se gastelys was die nasionale minister van toerisme, Derek Hanekom, Anroux Roux, die Wes-Kaapse minister van sport en kultuursake, Marius Koen, Saldanhabaai-munisipaliteit se burgemeester asook Patricia de Lille, leier van die Good Party.

Volgens Clarence Ford, uitvoerende direkteur van Camissa Solutions, was hierdie jaar se fees ’n sukses en hy meen JOR gaan nie net oor die musiek nie. “Dit gaan daaroor om ’n nalatenskap te bou asook die bou van ’n vertrouens-verhouding met die plaaslike mense. Dit gaan daaroor om vir hulle geleenthede te skep om ’n inkomste te verdien en dit gaan oor die ontwikkeling van vaardighede.”

Al die eienaars van kos- en ander stalletjies is volgens Ford, plaaslike mense uit die gemeenskap en 28 van hulle het glo onlangs ’n entrepreneur-skapskursus by die Kaapse Skiereiland Universiteit vir Tegnologie bygewoon.

“Dankie vir al die ondersteuning die afgelope nege jaar. Ons sal beslis volgende jaar alles in ons vermoë doen om te verseker dat die 10de fees uit die boonste rakke is,” het Ford gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.