Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Jou liggaam kan net soveel hanteer: Wenke om die feestyd-oordadigheid te oorleef

In die nuwe jaar kom die erkentenis altyd: “Ek het die feestyd van die wa af geval.”

Alte gereeld sien ek mense wat kom verligting soek weens hul ongemak danksy hul oordadigheid.

Ons woon in ’n menslike liggaam wat net soveel kan hanteer voordat die tekens van oordaad begin wys. Wat is lekkerder as ’n feesmaaltyd met familie, vriende en werksmense?

Dit is immers natuurlik om te swig voor ’n tafel vol heerlike eet- en drinkgoed, met goeie geselskap en prettigheid.

As tipiese Westerse gemorskos ingereken word, raak die prentjie van eet-oorlading nog donkerder.

Dit is hierdie oorlading wat vrees vooraf en skuldgevoelens ná die feestyd wek en veroorsaak dat ons gesondheid ingee.

Hier is ’n paar wenke om hierdie feestyds “op die wa” te bly:. Ons praat van twee of drie feesmaaltye oor die strek van die feestyd, nie 31 nie. Feestye sal daar altyd wees – verjaarsdae, vakansies en ander feesgeleenthede. As die oordadigheid jou elke jaar pootjie en jou gesondheid ’n paar stappies terugsit, is dit tyd om jou lewenstyl ernstig te heroorweeg.. Beweeg! Probeer so min as moontlik ry en begin stap. Speel krieket en rugby met die kinders, swem in die see of ’n paar lengtes elke dag. Om die spiere en bloedsirkulasie aktief en gesond te hou, maak ’n plan om gereeld te beweeg.. Drink water in plaas van koeldrank en sap. . Leer groente eet. Meer natuurlike vesel en voeding is altyd welkom in ons liggaam, en as jy geneig is om min groente te eet, is dit nou jou kans om in te haal. Begin met iets waarvan jy hou, minstens een keer per dag, en maak dit ’n doelwit om teen die einde van die feestyd minstens twee verskillende vars of gestoomde groentes by jou daaglikse maaltye in te sluit.. Eet net wanneer jy honger is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.