Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kampvegter vir skaars koekemakranka groet

Philbert Melck, bekende voormalige boer van die plaas Waterboerkraal naby Hopefield, het op 19 Junie in die ouderdom van 83 aan natuurlike oorsake gesterf.

Melck, wat ten tyde van sy dood in Langebaan gewoon het, sal onthou word vir sy liefde vir en kennis van die natuur en in besonder fynbosspesies.

Melck en sy vrou, Henriëtte, was veral bekend vir hul jare lange betrokkenheid by die jaarlikse Hopefield-fynbosskou.

Henriëtte is verlede jaar oorlede.

Ouer Hopefield-inwoners sal Melck miskien ook onthou as ’n kranige sportman wat vir Hopefield se rugbyspan in die jare sestig saam met manne soos Koolman Smit, Danie du Toit, Battery en Slinger Basson, Gawie Steyn en Thys (Stap) du Toit uitgedraf het.

Alhoewel Melck se seun Gideon deesdae op Waterboerkraal boer, het Melck gereeld op die plaas gekuier, veral om sy koekemakranka­plante te versorg, wat hy al die afgelope nege jaar tot volwassenheid gepamperlang het.

Dit was Melck se droom om dié ouwêreldse plant, wat in die afgelope paar dekades weens verstedeliking en ontwikkeling baie skaars geword het, te laat herleef.

Hy het graag sy koekemakranka­plante weggegee op voorwaarde dat dit elders in die natuur gevestig en versorg word. Skakel 082 595 2595 as jy ’n plant wil hê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.