Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kanker: ‘Bly altyd positief’

Alfonso Janse van Rensburg (60) het in Mei 2016 gehoor hy het prostaatkanker. Hy het bestraling ondergaan.

Wat was die aanvanklike prognose?

Prostaatkanker is darem nie so ’n vinnige verspreider nie en indien dit vroegtydig opgespoor word, is jou kanse vir oorlewing goed. Die kanker was egter 9/10 op die Gleeson-skaal.Wat was die bydraende faktore wat tot die kanker gelei het? Daar is verskeie redes vir prostaatkanker, maar dit gebeur maar net. Dokters sê rooivleis en kaas is die oorsaak.Hoe het jy gevoel toe die kanker by jou gediagnoseer is? Dit was ’n skok vir my en my gesin, maar dit is belangrik dat almal verstaan waaroor dit gaan en om ’n positiewe gesindheid te ontwikkel.Wat was die eerste stap op jou pad na genesing? Bly ten alle tye positief, fokus op die mooi dinge in die lewe en waardeer almal om jou, veral jou vrou en kinders. Ek het net besluit om positief te bly en te weet ek is in ons Vader se bekwame hande.Moes jy vir berading gaan om die nuus te verwerk? Nee, dit was nie nodig nie.Hoe het jy gevoel ná jou opvolgbesoek ná die behandeling? Ek gaan elke drie maande vir ’n opvolgbesoek en bloedtoetse. Elke keer is dit moeilik om vir die uitslae te wag, maar as jy hoor dit is goed, kom ’n gerustheid, blydskap en dankbaarheid oor jou. Ek is nou amptelik in remissie.Wat is die mediese proses noudat jy in remissie is? Ek het aanvanklik elke drie maande ’n opvolgbesoek gehad, maar die dokter het besluit ek hoef nou net elke ses maande te gaan.Hoe voel jy nou as jy dink wat jy deurgemaak het? Ek het waardering vir die lewe en die mense naby my. Elke dag is ’n geskenk van Bo.Watter leefstylveranderinge het jy aangebring? Nie veel nie – ek oefen meer gereeld en kyk wat ek eet. Jy moet jou liggaam alkalies hou.Wat is jou raad aan kinders en jong volwassenes wat ’n pad met kanker stap? Bly positief. Verstaan die soort kanker wat jy het en moenie bang wees vir ’n tweede mening nie.Wat is jou raad aan vriende en familie. Wat kan hulle doen om te help? Bly positief, geniet mekaar meer en tree normaal op in die pasiënt se geselskap. . Enigeen wat aan vanjaar se Kansa Relay for Life wil deelneem, kan Elmarie van Zyl by 083 591 6304 of elmarietjie@mweb.co.za skakel.

Die Relay vind op 21-22 Maart plaas by die Vredenburg-sportterrein tussen 18:00-06:00 (registrasie 15:00). Die tema is “Around the world in shades of purple”. Koste: R750 per span

Dagbesoekers: R20 (volwassenes) en R10 (kinders onder 12 jaar).

*Berig deur Kansa Weskus

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.