Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kansa lewer ’n liefdesdiens

Die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) se groep vrywilligers is steeds aan die gang en lewer verskeie dienste aan die gemeenskap.

Die groep bestaan uit ds. Richard Holloway, wat die voorsitter is, Elmarie van Zyl as die nuwe sekretaris, Audrey Thom, die koördineerder, en Collin Dyers, Wendy Jasson en Marjorie Geland wat vrywillige pasiëntversorgers is.

Die werk wat Kansa in St. Helenabaai verrig, word alles vrywillig gedoen, dit wil sê vrywilligers kry geen vergoeding van enige aard nie.

“Dit is eerder ’n persoonlike liefdestaak wat verrig word. Die versorging van pasiënte en hul gesinne word deur dié goed opgeleide Kansa-vrywilligers gedoen,” verduidelik Thom.

Sy herinner mense ook dat vrywilligers alleenlik kankerpasiënte besoek indien hulle deur die pasiënt of die gesin genooi word.

Elna Barkhuizen, wat tans haar opleiding voltooi, is ook een van die nuwe vrywilligers en sal daarna besluit waar sy wil inskakel.

Vir enige navrae rakende pasiëntregistrasie, kontak Audrey Thom by 082 598 5469 of Collin Dyers by 083 721 4067.• Skenkings van enige aard word altyd verwelkom. Enigiemand wat iets wil bydra, kan Elmarie van Zyl by 083 591 6304 bel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.