Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kansa se Relay for Life afgelas

Die naweek se beplande Kansa Relay for Life in Vredenburg is afgelas.

Organiseerders het Maandagaand vergader ná pres. Cyril Ramaphosa se aankondiging om alle byeenkomste met 100 of meer mense te verbied as een van die maatreëls om die verspreiding van die koronavirus te voorkom.

Kansa Weskus het in ’n verklaring op sy Facebookblad gesê die veiligheid en gesondheid van sy pasiënte, personeel en vrywilligers is nou sy eerste prioriteit.

“Ons verseker julle dat Kansa al die nodige voorsorgmaatreëls bewerkstellig het om die impak van Covid-19 te verminder.

“Kankerpasiënte is van die mees kwetsbares omdat hul immuun­stelsel reeds swak is.

Alle Kansa-aktiwiteite en -geleenthede is gekanselleer of uitgestel vir nou om sodoende te verseker dat ons as Kansa ook ons rol speel om gemeenskappe veilig te hou.”

Die verklaring moedig almal aan om so min as moontlik fisieke interaksie met mekaar te hê en die organisasie sê hulle sal voortgaan om pasiënte te ondersteun deur sosiale platforms soos WhatsApp.

Die Kansa Relay for Life Vredenburg sal volgende jaar in Februarie gehou word. ’n Presiese datum sal nader aan die tyd bevestig word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.