Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kinders Maandag met Paaseiers getrakteer

“Elke jaar as Goeie Vrydag aanbreek, begin die kinders my al oor die Paaseiers vra. Dis dan altyd ’n lang wag vir hulle na Maandag toe, maar altyd die moeite werd.”

Só vertel Adam du Plooy, Bergrivier-munisipaliteit se raadslid vir wyk 2.

Elke jaar op Gesinsdag, die Maandag ná Paasfees, trakteer Du Plooy namens die munisipaliteit Monte Bertha in Porterville se kinders met sjokolade Paashase en-eiers.

“Maandag was daar sowat 1 200 plaaslike kinders wat Paaseiers ontvang het,” sê Du Plooy.

Die kinders se Paasbederf in die verskillende Bergrivier-wyke word gewoonlik deur die wykskomitee en die burgemeester, raadsheer Ray van Rooy, gefinansier. Partykeer finansier die raadslede self die projek wat vreugde vir die kinders bring.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.