Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kliniek laat almal lag

Minderbevoorregtes hoef nie hul gesonde glimlagte op te gee net omdat hulle dit nie breed het nie.

Sedert 2012 sorg dr. Joseph Joshua dat selfs die mees kwesbares toegang kry tot gratis tandheelkunde met sy gemeenskapuitreikprogram, die Dental-kliniek (soos dit in Nederland bekend staan).

Joseph woon reeds 15 jaar in Nederland, waar hy twee tandartspraktyke het, maar as ’n gebore en getoë Saldanhabaaier is dit vir hom belangrik om in sy gemeenskap terug te ploeg.

Die eerste Dental-kliniek is in 2012 in Saldanha gehou.

Die kliniek het so gegroei dat klinieke ook in die buurdorpe Vredenburg, Hopefield, St. Helenabaai, Velddrif, Paternoster en vanjaar ook Langebaan opgerig word.

Die Dental-kliniek word gehou met behulp van vrywilligers wat soms kollegas en tandartsvriende van Joshua insluit en hul dienste ook gratis kom aanbied.

Datums vir hierdie jaar se Dental-kliniek is as volg:

. 6 en 7 Augustus:
Diazville-gemeenskapsaal

.
8 Augustus:
Langebaan, Thusong-sentrum

. 11 en 12 Augustus:
Louwville-gemeenskapsaal

. 13 en 14 Augustus:
St. Helenabaai, Steenberg’s Cove-saal

. 15 en 16 Augustus: Hopefield, Thusong-sentrum

. 17 en 18 Augustus: Velddrif-stadsaal (inwoners van omliggende plase word versoek om die Saterdag te kom)

Registrasie is om 07:00.

Pasiënte word gevra om hul identiteitsdokument en/of kind se geboortesertifikaat saam te bring vir registrasiedoeleindes.

Een van die behoeftes vir die Dental-kliniek is ’n borg om daagliks maaltye aan sowat 25 vrywilligers te verskaf.

Enigiemand wat ’n bydrae wil lewer of meer inligting verlang kan Cynthia Joshua by 022 714 2620 bel of ’n e-pos stuur aan: cynthiajoshua09@gmail.com of josephjoshua1@gmail.com.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.