Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Klub gee vroue ’n nuwe lewe

Trap-trap, skop en wéér trap-trap, skop.

Dít is wat die vroue van Louwville se fiksheidsklub elke Maandag en Woensdag ná hul besige program by die werk en huis doen.

Volgens Cecilia Papier-Lategan, stig­ter van dié klub, het sy die oefenklub begin nadat sy ’n maat versoek het om saam met haar te oefen. Cecilia is ’n padatleet en het gevoel om vroualleen te draf, is nie meer veilig nie.

“In Vrouemaand het ek ’n paar vroue genooi om saam met my oefen. Ek het met drie vroue begin en drie weke later was daar 30,” vertel sy.

Cecilia, wat betrokke is by verskeie gemeenskapsprojekte, vertel nadat sy oorval is deur oproepe van vroue van Louwville, het sy besef ’n fiksheidsklub is nodig.

“Baie van ons lede is ouer as 40 en huisvroue. Hierdie is vroue wat nie gemaklik in ’n gimnasium is nie, want hulle dink hulle is onfiks of ’n bietjie oorgewig.

“Sommige van die lede sê hulle leef vir ons oefendae, want dit gee hulle iets om na uit te sien. Hulle beweeg weg van die stoof en kospotte en kyk ’n slag na hul gesondheid.”

Behalwe om fiks te word, geniet die vroue die samehorigheid.

Cecilia sê omdat die klasse by die plaaslike MIV-sentrum aangebied word en slegs vir vroue is, voel hulle nie net veilig nie, maar word daar ook vriendskapsbande gesmee.

“Hulle voel nie skaam nie, want niemand kyk vir hulle terwyl hulle oefen nie en elke vrou gee net haar beste.

“Die selfver­troue wat die vroue in die tyd opbou, is ongelooflik. Dit is wonderlik wanneer ek hoor hulle is meer gemaklik met hulself.”

Die sessies het onlangs só uitgebrei dat lede nou hul dogters en klein­kinders saambring.

Cecilia sê die jonges wat vir ma of ouma aanmoedig, sorg vir baie pret. Cecilia wil graag nog ’n toeganklike perseel kry vir die fiksheidsklub en wil dié idee na ander dorpe uitbrei.

“Dit is gemeenskapsprojek vir die gemeenskap. Ek beplan ’n staptog na Kirstenbosch en ook om dalk aan die Spar-wedloop deel te neem.”

. Om meer uit te vind oor die fiksheid-klub, bel Cecilia by 079 765 6520.

Lede betaal ’n maandelikse klubfooi.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.